Ruhan Du Toit Lyrics
"Ter Wille Van Ons Kinders"

4.5 / 5
4 reviewers
Do you like this song?
(click stars to rate)
save!
my lyricsbox
Die blinde man raak blinder
En die sienner sien al meer
Ter wille van ons kinders
Sit ons, ons voete neer

Die lewe is vir almal
Om te leef en om te leer
Dis jou reg om, om te lewe
Niemand sal ons ooit kan keer

Ons gaan nie net oorleef nie
Ons almal gaan floreer

Al bewe die aarde
En die hemele val
Sal ek glad nie beweeg nie
Totdat Hy my kom haal

Ek sal staan vir ons storie
En ons reg om te leef
Niemand sal dit kan weg vat
Want ons sal nie beweeg
Nee ons sal nie probeer

Die krummels raak al minder
Om die tafel waar ons wag
Maar ter wille van ons kinders
Vang ons visse elke dag

Uit die aard sal ons weer opstyg
Spreek dit in jou moedertaal
En ek kon Sy liefde getuig
Want die prys is reeds betaal

Al bewe die aarde
En die hemele val
Sal ek glad nie beweeg nie
Totdat Hy my kom haal

Ek sal staan vir ons storie
En ons reg om te leef
Niemand sal dit kan weg vat
Want ons sal nie beweeg

Die blinde man raak blinder
En die sienner sien al meer
Ter wille van ons kinders
Sit ons, ons voete neer

Al bewe die aarde
En die hemele val
Sal ek glad nie beweeg nie
Totdat Hy my kom haal

Ons sal staan vir ons Vader
En ons reg om te leef
Niemand sal dit kan weg vat
Want ons sal nie beweeg

Nee, ons sal nie beweeg

Ter wille van ons kinders
Sal ons nie beweeg