Lianie May Lyrics
"Kry jou ry"

4.8 / 5
13 reviewers
Do you like this song?
(click stars to rate)
save!
my lyricsbox
Dit was blomme uit die Boland op 'n tafel in die tuin
Jy was ge-suit en ge-tie met 'n rooi bottel wyn
Toe ek jou daar sien staan was ek hoendervleis
Maar dit was net 'n droom vir my

Want jou voete op die tafel is glad nie meer snaaks nie
Jou klere op die vloer wat jy glad nie was nie
Ek's moeg vir kanaal 201
Vir die dop en die tjop en jou pelle wat skree

Kry jou ry ek is moeg vir ons gestry ek is moeg vir jou lippe wat nie lekker vry
Die romans is lankal by die deur uit
Kry jou ry ek is gatvol vir baklei ek is klaar ek is op ek is moedeloos
Jy moet nou maar besef ek's nie jou ma nie

En die oopmond kou dat die spoeg so spat
En jou bier so sluk met 'n oopkeelgat
En jou grappe is nie snaaks nie ek forseer my lag
En ek sukkel om te slaap want jy kom laat in die nag

Dit is nie net my probleem dit is algemeen
Want al die vrouens in die dorp kla so een vir een
Maar die hare op my tande is al bitter kort
Luister my pel jy gaan nog trane stort

Kry jou ry ek is moeg vir ons gestry ek is moeg vir jou lippe wat nie lekker vry
Die romans is lankal by die deur uit
Kry jou ry ek is gatvol vir baklei ek is klaar ek is op ek is moedeloos
Jy moet nou maar besef ek's nie jou ma nie

En as die deur toeslaan is dit klaar verby
Ons is klaar verby
Jy gaan my nog mis en jy gaan nie beter kry

Kry jou ry ek is moeg vir ons gestry ek is moeg vir jou lippe wat nie lekker vry
Die romans is lankal by die deur uit

Kry jou ry ek is moeg vir ons gestry ek is moeg vir jou lippe wat nie lekker vry
Die romans is lankal by die deur uit
Kry jou ry ek is gatvol vir baklei ek is klaar ek is op ek is moedeloos
Jy moet nou maar besef ek's nie jou ma nie
Ek's nie jou ma nie
Ek's nie jou ma nie