Juanita Du Plessis Lyrics
"Bring Jou Hart"

5.0 / 5
2 reviewers
Do you like this song?
(click stars to rate)
save!
my lyricsbox
Ken jy die pad na 'n plek wat 'n merk in jou hart kan los
Ken jy die spore van saamwees deur die droë Karoo
Waar elke oomblik tussen ons geanker bly
Waar al my wense lê en wag om jou hart te kry

[Koor]
Bring, bring jou mooiste drome
Bring jouself, jou liefdeswoorde
Jou huis is waar jou hart is
In die Klein Karoo
Gooi jou stem oor al die vlaktes
Graveer my naam in jou gedagtes
Bring jou hart, bring jou lewe
Na die Klein Karoo

Soek jy 'n skuilplek wat die vrese in jou hart bedaar
Soek jy 'n lêplek wat jou warm hou in die nag
Oor berg en dale loop ek vir jou as jy verdwaal
Op die horison se lyn kom ek jou haal

[Koor x2]
Bring, bring jou mooiste drome
Bring jouself, jou liefdeswoorde
Jou huis is waar jou hart is
In die Klein Karoo
Gooi jou stem oor al die vlaktes
Graveer my naam in jou gedagtes
Bring jou hart, bring jou lewe
Na die Klein Karoo