Carike Keuzenkamp Lyrics
"Feetjieland"

4.4 / 5
89 reviewers
Do you like this song?
(click stars to rate)
save!
my lyricsbox
Hompie kedompie sit op die wal
Hompie kedompie het af geval
die koning se ruiters die koning se leer
kon hompie kedompie se val nie keer

die liewe tante sug want sy woon in n skoen
sy weet nie wat om te doen
want sy het nie minder nie
as 10 stuks kinders nie
en almal woon saam in n skoen

Koor
dit is alles waar
dit is alles daar
want dis in feetjieland
waar alle kinders heerlik rond kan dwaal
en as hul hierdie storietjies kan hoor
dan word hil weg gevoer
weg na die wonderlikste heerlikste plek
daar ver in feetjieland

Kleine duimpie is nie te groot
hy's die enigste van sy soort
almal is jamme
hy word nooit langer hy is skaars n vingerhoed groot

Rooikappie buk
om blomme te pluk
En wolf neem sy kans nou waar
toe rooikappie roep kom die boswagter gou
en met nare ou wolf was dit klaar

Koor x1

Jan het eendag dorp toe geloop
vir n hand vol boontjies die koei verkoop
hoog teen die rank het hy opgeklim
met n slim plan die reus oorwin

Sneeuwytjie fyn
en 7 dwergies klein
en almal voel ewe tuis
Die hele dag lank werk hul diep in die myn
En sneeuwytjie werk in die huis

Koor x1